Dit is onmoontlik om iets hier te skryf en dink dat iemand wat nie daar was nie ‘n idee gaan hê van hoe dit is om te gaan kamp, by Theewaterskloofdam, in die Julie vakansie. Jy sal maar doodeenvoudig volgende jaar moet gaan saam kamp! Ons het ‘n paar van die brawe kampeerders gevra om die kamp in een sin te beskryf, hier is wat hulle te sê gehad het:
“Kyk, ‘n kamp waar “selfie” die tema is; wie gaan NIE ‘n goeie tyd hê nie?!” Bianca Venter
“Ek ly altyd aan WWWK-onttrekkingsimptome” Susann Marais
“Drie weke se somer pret in een week van winter” Gerrit Maritz
“Kan nie wag om weer langs die dam uit te hang saam met sulke lekker mense nie” Lauren Hauptfleisch
“Die kamp waar ek nog die meeste geleer het oor myself” Jessica Daffue
“Swem vir my saggies” Kobus Louw
“Dis die een kamp waarrondom ek my hele jaar beplan, die ander 51weke van die jaar is vir die voëls. WWWK is alles!” Bianca Venter
“Graad 10’s! Aaarrrggg!!!” Jacques Louw
“Die kamp was lekker gewees. Die weer het mooi saam gewerk en almal was vol pret.” Frikkie Oosthuizen
“Een gelooflike ervaring wat jy nie wil misloop nie!” Marlise Olivier
“Dis is die plek om te wees” Theresa Franken
“WWWK = Dit is moeilik om te beskryf. Dit is soos om vir ‘n blinde te probeer
verduidelik hoe die maan glinster of hoe die son skyn. Om vir ‘n dowe te probeer
verduidelik hoe asemrowend Pavarotti se Nessun Dorma eintlik is. Mens kan so
voort gaan met al die sintuie. Die kern is, mens kan nie vir iemand verduidelik hoe en
wat dit is nie. Al wat ek eintlik wil se is, daar is min dinge in die lewe wat saak maak.
Hierdie is een van hulle.” Inus Venter
“ʼn Onvergeetlike wintervakansie saam met topklas mense!” Emcy de Beer
“Stormwind, stortreën, sneeu of sonskyn – die weer by die dam is altyd perfek” Nannike Esterhuizen
“Waar is my goed?” Gerrit Maritz
“Dis koud maar dis lekker!” Kobus Louw
“Elke jaar kry ons koud en elke jaar kamp ons maar net weer. Verstaan dit nou nog nie ” Lindi Swart
En die wat hierdie jaar moes misloop:
“EK GAAN VOLGENDE JAAR GAAN!!” Surika Jansen van Rensburg
“Ek was nog nooit so jaloers op ʼn groep mense in die koue by ʼn dam nie” Clara Kotzè
Be First to Comment