Meer oor Stellenbosch Staatmakers
Ons is ʼn studentevereniging aan die Universiteit van Stellenbosch en vorm deel van Die Voortrekkers in Kaapland en Suid-Afrika. Staatmakers is volwasse lede van Die Voortrekkers en vorm ʼn unieke en selfstandige groep daarin. Die vereniging is oop vir alle studente wat waarde en prioriteit heg aan hul Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap!
Ons het ʼn jaarprogram waarop al ons verskillende aktiwiteite soos kamp, bybelstudie, kaas en wyn en opleiding in verskillende velde, aangedui is. Ons help ook uit by Stellenbosch Voortrekkers deur speletjies en sulke aktiwiteite aan te bied. Ons is ook as groep betrokke by Kaaplandkampe, byvoorbeeld die Winter water werke kamp wat elke jaar in die Junie/Julie skoolvakansie plaasvind.
Kontak ons gerus vir meer inligting.