CIA Braai

‘n Aand van lekker gesles, mekaar leer ken, braai en Empire speel. So het die Christus in Aksie groep die jaar afgeskop.

Vir die eerste keer sedert die formele stigting, het die CIA in lewende lywe vergader. Dit was ‘n vreudevolle ontmoeting met die smee van nuwe vriendskappe, en die hernuwing van ou bande.

Die aand se tema was: “Wees op jou Hoede.” Almal het dus met hul unieke kop uitrusting aangekom as ‘n bietjie van ‘n ysbreker. Verder het ons mekaar se musiek smake leer ken (en vasgestel dat die korttermyn geheue ‘n bietjie swaar trek) met ‘n spel van Empire. Die sluit toe in alles van Abba na Ed Sheeren en Queen.

Lekker geselskap om ‘n vuur met medegelowings en ‘n mooi sonsondergang… Wat meer wil ‘n Voortrekker dan nou hê

 

 

Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *