Afskop Stadsmars 2021

Op die middag van 18 Maart 2021 het die Stellenbosch Staatmakers die nuwe lede verwelkom met ‘n skattejag deur die hoof beweeg areas van Stellenbosch te hou.

Die oefening was tweeledig.

Eerstens, om die nuwe lede (en van die oues) bekend te maak met groot baken gebiede in die dorp, soos die Konservatorium, die Botaniese tuine of die groot ou watermeulwiel by De Braak (die dorp se ou plein). Natuurlik ook meer menslike (nie universiteitsgebonde of bakens gebiede nie) plekke soos Java, waar ‘n mens die beste wortelkoek in Stellenbosch kan kry.

Die tweede doel van die stap deur die dorp was om mekaar beter te leer ken en om maats te maak. Ons was by elke punt ‘n stelling gegee en dan was groepe van twee gemaak uit die verskillende antwoorde, byvoorbeeld: “Wie dink pynappel op ‘n Pizza is ‘n goeie idee?” Dan sal party hulle hande opsteek en die wat hulle hande opgesteek het word saam met iemand gesit wat nie hulle hand opgesteek het nie. Ons was ook vrae gegee wat ons tussen mekaar moes beantwoord tussen die twee punte, en het sodoende mekaar se stokperdjies en vrese geleer.

Die laaste punt was by Hudson’s in Dorpstraat waar van die “ouer garde” wat nie wou stap nie vir ons gewag het. Vir die leser wat nie bekend is met Hudson’s nie, dit is ‘n restaurant met fantastiese atmosfeer en kos. Die spyskaart was so wyd, en natuurlik die geselskap so goed dat dit van ons ‘n goeie wyle geneem het om te besluit wat ons vir aandete gaan kies.

Enige iemand wat al ten minste een Voortrekker geleentheid bygewoon het weet dat dit nie lank vat vir almal om sorgelose gespreke te hê oor alles nie. Van studies tot Tolla van der Merwe staaltjies en wat ons van die jaar verwag. Die sal ook weet as iemand eers begin praat het en die gesprek ontwikkel dat daardie gesprek tot in die kleinure kan aanhou. Die aand was geen sins anders nie. Toe die kelnerin vrae of sy nou die rekening kan bring, en baie van die tafels al opgeruim was, toe weet ons dit is nou seker tyd om die gesprekke af te knoop, sittende ten minste. Die kuiery het meeste van Dorpstraat geduur en die totsiens sê was swaar.

Die aand was ook merkwaardig oor dit vir baie van ons weer die eerste Voortrekker geleentheid was in byna ‘n jaar, en daar het ‘n mens net op nuut weer onthou hoekom ‘n mens deel is van Die Voortrekkers. Die ABC eerstens, maar nie vêr agter dit nie is die warm Afrikaanse geselligheid en vriendskaplikheid.

-Eduan Naudé

 

Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *