Saterdag het 4 Staatmakers van Stellenbosch besluit om deel te neem aan die pretloop wat deur Oord Kaapstad aangebied was. Dit was ‘n geleentheid waar Kraaifontein kommando bietjie fondse kon insamel vir hulle jaarlikse gemeenskapsprojekte. Die deelnemers was ‘n kombinasie van Voortrekkers, PD’s tot Volwassenes, asook die gemeenskap. Quintin en Corné het beide eerste geëindig in die volwasse mans en dames kategorieë, met Johan kort op hulle hake. Eduan het besluit om die woord “pretloop” direk op te neem en die roete te loop met die prettige geselskap van ander Voortrekkers.
Be First to Comment