Bybelstudie
Hierdie jaar se bybelstudie gaan ons nader aan God bring en ons verhouding met mekaar en hom versterk. Jy gaan smag na Sy woord en na ‘n veilige omgewing waar jy God se teenwoordigheid kan ervaar. 👣
Daar gaan van tyd tot tyd ‘n tema wees en aktiwiteite wat die bybelstudie gaan opkikker, bv. ‘n sop aand, nagmaal, koffie saam met God, uitreike waar ons kospakkies vir dié in nood gaan gee en nog vele meer.
Tyd en plek word bevestig op die WhatsApp groep. (Kontakte ons as jy belang stel.)
Kom aanskou God se grootheid en groei in jou verhouding met Hom. God roep jou tot ‘n dieper lewe.
En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word: soek, en julle sal vind: klop, en vir julle sal oopgemaak word. (Lukas 11:9)
Jesus het vir hulle geantwoord: “Julle probleem is dat julle nie die Skrif ken nie. Julle besef ook nie hoe magtig God is nie. (Matteus 22:29)
Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond belei, word ons vrygespreek. (Romeine 10:10)
Kontak Ryno of Melissa om meer uit te vind oor die bybelstudie:
Ryno van Wyk
Cell: +27 72 694 3922
Melissa Franken
Cell: +27 78 237 2529
E-Pos:Â stbstaatmakers@gmail.com