Met ‘n baie vertraagde begin aan die jaar, het die Staatmaker bestuur na lank se gesukkel uiteindelik hul eerste fisiese vergadering gehad ter Welvanpas Familie Wingerde in Wellington.
Die dag het vroeg afgeskop met ‘n vinnige gesels oor die bestuur se planne vir die jaar, gevolg deur ‘n klomp blye spek skiet soos die groep mekaar beter leer ken het. Die res van die dag was opgevat deur ‘n rustige stap deur die plaas se roetes teen Groenberg op waarby twee van die ander Staatmakers aangesluit het.
Dit was ‘n goeie begin vir die nuwe jaar, met die bestuurs groep wat sterker bande weggestap het.
-Johannes
Be First to Comment