Vlugbal skakel met die BTK

Die Stellenbosch Staatmakers het hande gevat met die BTK om ‘n opwindende vlugbal dag op Saterdag, 15 Februarie aan te bied.

Almal het die oggend vroeg by Coetzenburg bymekaar gekom voordat ons na die Strand verterk het. Ons het spoedig die vlugbal-net opgeslaan sodat die speel kon begin! Vele wedstryde is gespeel met geen amptelike wenners nie, maar dit het nie die lekkerte daarvan onderdruk nie.

Sommige spelers teen die kantlyn het vir heerlike afkoel swem sessies gegaan terwyl hulle wag vir hul beurt. ‘n Besoek aan ‘N ICE het die perfekte einde aan die oggend gebring soos ons aan die draairoomys gesmul het en bande gesmee het met die BTK.

Dit was ‘n gesellige, opwindende oggend saam met ‘n lekker groep mense!

Andrea Lucas

Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *