Verwelkomingskamp inskrywingsvorm 2015

Skryf hier in vir die Verwelkomingskamp!

Die verwelkomingskamp gaan plaasvind op die naweek van 20-22 Februarie. Dit is ons eerste geleentheid om al die nuwe lede tot die groep te verwelkom en ons jaar gesellig saam te begin. Beslis nie ‘n kamp om te mis nie!

  • Plek: Wemmershoek
  • Tyd: Ons wil poog om teen 18:30 by die kampterrein te wees. (Sodat ons 19:00 kan begin Bring & Braai)
  • Vervoer: Dui asseblief aan of julle van eie vervoer gebruik maak en/of vervoer kan verskaf of benodig.
  • Koste: R120 per persoon (spesiale reëlings kan getref word indien net ‘n gedeelte van die kamp bygewoon word). Indien julle die wynproe wil bywoon Saterdag sal dit ‘n addisionele R50 beloop wat julle saam met die kampgeld kan inbetaal.
  • Inskrywings: Die sluitingsdatum vir inskrywings en betalings is Woensdag 18 Februarie 2015.

 Benodighede:

  • Beddegoed/ slaapsak (Dit is ook verpligtend om ‘n paslaken saam te bring indien jy ‘n matras wil ontvang)
  • Toiletware
  • Eetgerei (bord – papierborde word aangeraai, bakkie, kampbeker/koppie, mes, vurk en lepel)
  • Eie drinkgoed vir die naweek (alkoholies/ nie-alkoholies) en eie vleis vir Vrydagaand se braai
  • Gemaklike klere en stapskoene vir Saterdag
  • Formele Voortrekkerdrag/ netjiese swart en wit klere vir Saterdagaand se verrigtinge
  • Swemklere
  • Jou Bybel
  • Enige musiekinstrumente
  • Kampstoel
Ons sien uit om die jaar saam met julle almal te begin!

 

Naam (vereiste):

Van (vereiste):

Selfoon nr (vereiste):

Jou Epos (Vereiste)

Mediese fonds

Lidnommer

Noodkontak persoon

Woonadres

Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *