Verwelkomingskamp 2014

Die naweek van die 14de tot die 16de Maart 2014, is ek, die enigste nuwe lid  vanjaar, verwelkom in die Stellenbosch Staatmakergroep. Vrydag, nadat ek my bagasie al die pad in Victoriastraat afgedra het (en hopeloos te vroeg by die vertrekpunt aangekom het), het die bussie vertrek vir Porterville. Nadat ons tent opgeslaan het en vuurgemaak het, het ons vir die PD’s van die Stellenbosch Kommando, wat naby ons gekamp het, lanternbekruip aangebied en dit was die eerste keer wat iemand my ‘nig’ genoem het, wat heeltemal vreemd gevoel het. Ek het natuurlik ‘n paar skraapmerke gekry daai aand, maar wat is ‘n kamp as mens nie ‘n paar littekens kry nie? Daarna het ons gekuier om die kampvuur en ek het amper aan die slaap geraak in my stoel.

Saterdag het ons laat geslaap en later vir ‘n paar kinders touwerk aangebied. Ek moet sê dat my touwerk bietjie geroes was voor daardie sessie. Ons het middagete saam met die kommando geëet nadat ons help skep het, en die middag het ons saam met die verkenners die watervalle opgeklim. Ons het nie ver geklim nie, as gevolg van tydbeperkinge, maar ons het darem die sesde een gehaal. Toe ons weer onder kom, het ons gaan swem in die dam. Die aand het die inlywingsfunksie plaas gevind. Almal het hulle mooi-moois aangetrek vir letterlik tien minute en dit daarna weer uitgetrek. My amptelike verwelkoming het gekom toe ek geblinddoek met die paadjie opgeneem is en deur die res van die groep ondervra is en iets baie slegs gegee is om te drink. Ek het nie geweet wat dit was nie, maar daar was definitief sand en peper en iets baie klonterigs in.

Daardie aand het ek besluit om buite te slaap en ek het Sondagoggend wakker geword onder blou lug wat net hier en daar sigbaar was deur die takke. Ons het bybelstudie gedoen, rustig opgepak en toe weer op die pad geklim. Die naweek was ‘n baie lekker ervaring, al was dit heeltemal anders as wat ek verwag het. Ek sien uit na my volgende paar jaar as Staatmaker.

Ina-Mari Pretorius

0136be059adcedc0a4602742daee873f53f7a16f23 017a594103577dc7ff64e7440208f69a4e2a679d9d 014e5c650b96e7de9c73376420ac49d47f1557a3e4 011bc95cdf0a84d2a7b84d05fbae7d470f9b1be954_00001 cropped-0125020a292c8b3f7aaab191bc1185e5432a759d42_00001.jpg  01d8760866173c83eafe6736224815abd9b4ab5067 01df890033d398945870b9f4cccafe73d7c3f5b409 01f770201b4e1969275560504470b9c421ce9c548f 014e5c650b96e7de9c73376420ac49d47f1557a3e4.jpg

Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *