Staatmaker Saamtrek- Wemmershoek.

 

 

Staatmakers hou jaarliks ‘n saamtrek geleentheid vir al die staatmaker-groepe in Kaapland, 2014 se saamtrek is aan gebied deur Valsbaai Staatmakers op Wemmershoek. Algemene kwessies word bespreek en doelwitte vir die volgende jaar uit een gesit. Hier volg ‘n kort opsomming van die Staatmaker Saamtrek:

Oos-Kaap se staatmakers het ontbind, dit laat dus Kaapstad, Stellenbosch en Valsbaai as die staatmaker groepe in Kaapland.  Moontlik sal daar in die Wellington area ʼn groep gestig word (onder leiding van Gerhard Rossouw), inligting sal deur gegee word.

Staatmakeropleiding kamp word die naweek voor die September kampe begin aan gebied; dit is verpligtend vir alle staatmakers om hierdie kamp by te woon.  Die doel van hierdie opleiding is vir orienteering, ons bespreek die doel van staatmakers, wat van staatmakers verwag word, ens. 

Staatmakers moet jaarliks ‘n aktiwiteit met die matrieks reel – die aktiwiteit moet van so ‘n aard wees dat hulle voel soos staatmakers.  Die hele idee is dat die matrieks die regte persepsie van staatmakers kan ontwikkel en dan ‘n inligte besluit neem oor of hulle ook staatmaker wil word.

Staatmakers moet ‘n gesamingtelike poging aan wend om meer betrokke te wees by PD aktiwiteite, sodat PDs al klaar bloodgestel kan word aan staatmaker wees en nie net aan offisiere nie. Daar word versoek dat daar meer staatmaker bywoning by April PD kamp is. 

Met al die nuwe staatmakergroepe wat nou tans vorm is daar ‘n voorstel gemaak dat ons ‘n paket bymekaar sit wat nuwe groep sal lei in die stigtings proses.  Die paket sal gemik wees op hoe om ‘n groep te stig, wat doen jy as jy meer as 5 lede is, wat verwag word van staatmakers, hoe die groep bestuur moet word, hoe mens ‘n kamp reel,  hoe gereeld julle moet vergarder, ens. Meer inligting sal deur gegee word soos dit bekend word.

 

1487685_10152736098097718_2855404959059965880_o

Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *