Wie sê jy moet braai? Potjiekos is net so deel van ons kultuur soos om ʼn lekker vleisie op die kole te braai.
Stellenbosch Staatmakers, in samewerking met die Stellenbosch Erfenis Projek bied ‘n potjiekoskompetisie aan by die jaarlikse Rivierfees
Skryf ʼn span in, bring al jul gees en dalk stap julle weg met die titel: DIE POTJIEKONING(IN) VAN STELLENBOSCH 2014 en lekker pryse!
Waar: Die Laan, Stellenbosch
Wanneer: 24 September 2014. Spanne sal van 09h00 hul potjie mag begin, dit moet teen 14:00 reg wees vir beoordeling.
Koste: R100 (nie-studente) & R50 (studente)
Gaan kyk onder die Potjiekos tab (Regs op ons Home page) of Klier hier vir meer besonderhede.
Be First to Comment