Kuns & Kaas

Kyk, daar is min dinge in die lewe wat saak maak.

Wyn bly wyn, kaas bly kaas, maar as jy ‘n rooster, vuur en goeie vriende in die mengsel gooi raak dit ‘n belewenis.

As gevolg van logistieke redes kon KAMP RUK SKUD nie meer plaasvind nie, maar deur vlugvoetige denke het die bestuur van die Stellenbosch Staatmakers, die kamp na ons toe gebring.

Ons het geproe en gepeusel dat die kaas en wyn riwwe gesit het om ons kroontjies. Al die kase wat te proe was, was nou nie vir my te wel nie. Die blou kaas was verseker die een wat die minste skade gely het. (Dit was onduidelik of Lauren dit prober wegsteek het vir haarself en of dit net sy was wat daarvan gehou het…)

Die ander kaase soos Camembert en Brie was natuurlik die gunsteling…naas die smeerkaas en “Salticracks”. Maar so het elk van ons geproe wat te proe was. Die wyn was verskaf deur “Peter Falke”… die nuwe gunsteling uithang plek van van menigde Staatmakers, nie om name te noem nie…

Ek twyfel of die antieke Grieke geweet het dat wyn tanniene in het, wat veronderstel is om ‘n half uur te rus en asem skep, voor mens dit geniet, ons weet dit, maar dis nie asof ons daaroor omgegee het nie.

Die was ‘n fees vir die oog. Daar was papier bo-oor die tafels getrek sodat die opruim vinnig kon gaan. Dit en ‘n paar penne en kryte het gesorg vir heelwat van die vermaak van die aand. Sodra iemand iets geteken het, kom verander iemand anders dit sodat die betekenis van die skets heeltemal verwronge word.

Toe die aand verby was en die opruim moes begin, was meeste van die staatmakers maar baie onentosiasties. By gesê, ek is seker daar is min mense wat wil opstaan as jy eers voor ‘n braaivleis vuur sit en die geselskap goed is. Darem was dit baie eenvoudig, danksy die papier.

Om saam te vat, daar is min dinge in die lewe wat saak maak. ‘n Braai bly ‘n braai, kaas en wyn bly kaas en wyn. Maar sonder vriende wat dit samet jou kan geniet, sal ‘n man nie voedsel vir die siel he nie. Net vir die vlees.

IMG_1573 IMG_1571 IMG_1570 IMG_1569

Frikkies is mos ook cool
Frikkies is mos ook cool
Elsenburg manne
Elsenburg manne
"photobomb 101"
“photobomb 101”

IMG_1564 IMG_1565 IMG_1563 IMG_1559

 

Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *