Kamp Ruk Skud is Stellenbosch Staatmakers se 2de kamp vir die jaar. Die kamp is nie net vir lede nie, dus nooi ons julle uit om julle vriende saam te bring op die kamp om dit saam ons te geniet. Nie-lede sal egter R250 betaal vir die kamp.
- Datum: 24-26 April
- Plek: Wemmershoek
- Aankoms tyd: 18:30
- Vertrek tyd: 11:00
- Koste: R220 vir die eerste 10 lede wat inskryf, daarna is die koste R250
Benodighede:
- Beddegoed/ slaapsak (Dit is ook verpligtend om ‘n paslaken saam te bring indien jy ‘n matras wil ontvang)
- Toiletware
- Eetgerei (bord – papierborde word aangeraai, bakkie, kampbeker/koppie, mes, vurk en lepel)
- Eie drinkgoed vir die naweek (alkoholies/ nie-alkoholies) en eie vleis vir Vrydagaand se braai
- Gemaklike klere en stapskoene vir Saterdag
- Swemklere
- Jou Bybel
- Enige musiekinstrumente
- Kampstoel
- Bordspeletjies
Be First to Comment