Kamp Rukskut 2018

Kamp Ruk Skud (20-22 April)

Die kamp was definitief een vir die boeke. Dit was ‘n goeie geleentheid om nuwe vriende te maak en rustig te word van die besige studentelewe. By die Boshut, Wemmershoek, het ons lekker om die kampvuur gesit en mekaar beter geleer ken. Ons het ook ‘n bietjie meer kennis opgebou oor wyn, deur die wyn proe wat Kobus en Greki aan gebied het. Die Saterdagoggend het ons skouer aan die wiel gesit en was toe op pad om koffie te gaan proe in Franschhoek. Daardie middag het ons gaan piekniek hou by die Franse Hugenote monument op die groen gras. Daar het ons net mekaar se geselskap geniet en gerus. Later die middag het ons ‘n bietjie gaan afkoel in die swembad by Hollandse Molen. Die aand het ons lekker potjiekos geniet. Die kamp was regtig ongelooflik lekker en sal vir enigiemand aanraai.

-Carla Venter

Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *