Drake en tente

Die afgelope naweek (20-22 Oktober) was dit weer tyd vir die jaarlikse verkenner Nagmars. Die nagmars het tussen Paarl en Wellington plaas gevind. Ons was ’n lekker sterk groep staatmakers wat die hele naweek saam gekamp het alhoewel die eksamens ook begin het. Die Vrydagaand het ons as staatmakers die roete aangepak en seker gemaak dit is ’n uitdaging en dat nie te veel verkennners sal verdwaal nie.

Daar is 3 herinneringe wat vir my uitstaan van die naweek: Eerstens die mooi natuurskoon en omgewing waar ons die naweek spandeer het en die nagmars kon aanbied. Daar is min dinge so lekker en mooi soos ’n beeldskone uitsig van die berge, ’n sterk koppie koffie en goeie geselskap. Tweedens sal ek onthou hoe dié groep mense van verskillende ouderdomme, staatmakergroepe en studierigtings SOOO lekker saamgewerk het, én ’n groot sukses van die senior nagmars gemaak het. Derdens moet ons nie al die tente weer saam ry vir die nagmars nie, want dis nooit die moeite werd om ’n tent vir net 3 ure se slaap op te slaan nie.

Ek sien sommer reeds uit na die volgende staatmaker-aktiwiteit (Koffie-oggend) sodat ek weer op hoogte kan kom met almal se doen en late en weer so lekker kan lag soos die naweek!


Susann Marais


Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *