Hierdie jaar se lentebloeisels tesame met ons genotvolle vakansie het behoorlik afgeskop in die hartjie van die Cederberge. Dit was ‘n belewenis en ‘n stukkie erfenis bewaar vir ons oë om te aanskou.
As ons praat oor die kamp kan ons sekerlik nie help om te begin by die landskap nie. Ons was bederf met berge, heuwels, stof en sterre afgerond met ‘n reënboog van God se belofte aan ons. Alles wat Sy teenwoordigheid beklemtoon en ons herinner dat Hy is die punt van ons bestaan.
Die weer het soos die gemoed van die kinders en amptenary geleidelik begin warmer raak soos wat die kamp verloop het. In die aande was dit darem ‘n noodsaaklikheid om knus te slaap sodat jy optimaal sou funksioneer die volgende dag, veral as jou basiese behoeftes soos kos en warm slaap van jou ontneem word. Ons kan nie elke geheim verklap van Buitepos Selfbehoud nie, maar kan sê dat dit hier is waar vriende en omstandighede mekaar slyp.
Die aansteeklike gees het die koue aande en water weg gedryf met positiwiteit en liefde bedek met herinneringe wat gekoester sal word. Dit is waar jy leer om te triomfeer ongeag jou omstandighede. Dit is waar jou skrape verander in padkaarte van Buitepos wat jou rigting gee vir dit wat mag kom. Dit is hier waar jy behoort en waar ons almal se legkaarte saam gevoeg word om ‘n groter prentjie te skep.
Die hartjie van die Cederberge is verseker gevind en ons harte is saam daar gebind. Ons almal sal altyd kies om te kan en ons grense verskuif na nuwe horisonne.
-Melissa Franken

Facebook: @buitepos
Buitepos Selfbehoudkamp
Be First to Comment