Die Stellenbosch Staatmakers het besluit om Saterdag, 12 April, ʼn slag sosiaal te verkeer en ons pragtige omgewing te verken.
Ons het die dag afgeskop met ʼn lekker ontbyt voordat ons vertrek het op ons wyntoer. By Alto, die eerste wynplaas wat ons besoek het, het ons gesellig onder die bome gesit terwyl ons verskillende rooiwyne geproe het en oor die mooi berge uitgekyk het.
Volgende was Peter Falke wynlandgoed. Daar het ons ʼn toer deur die wynkelder geniet waar ons kon proe aan die wit- en rooi wyn in hul rou vorm direk uit die tenke. Daarna het ons op hul lieflike grasperk gaan ontspan en die sonlig geniet terwyl ons verder hul wyne geproe het. Ons het definitief die dag op ʼn hoë noot afgesluit.
Dit was voorwaar ʼn heerlike dag saam met my mede-staatmakers.
Be First to Comment