Die jaarlikse staatmakerafsluting was weereens ‘n fees van begin tot einde. Vrydagaand se braai en opvang geselsies het die kamp afgeskop. Saterdag was absoluut net ‘n feestige dag. ‘n Paar staatmakers het met die sonsopkoms gaan stap (en die brawes het gaan draf). Verder het ons geswem, volleyball gespeel, in die sonnetjie gebak, laat middag diep gesprekke gehad, ‘n hele paar lagsessies gehad en oor die algemeen net mekaar se gesleskap geniet. Louw spyseniering het hulsels oortref met die heerlikste potjiekos Saterdagaand. Die Beertjie beskuit en koffie gepaard met goeie geselskap in die oggende was beslis vir my ‘n hoogtepunt. ‘n Rustige naweek van kuier en klets, op ‘n mooi plek saam met ‘n klomp lekker mense stel wragtig nie teleur nie
-Louise Swanepoel

Be First to Comment