Kamp Rukskut 2019

Kamp Rukskut was weereens die hoogtepunt van die jaar, met 17 van ons lede wat op die kamp teenwoordig was. Aktiwiteite soos: wynproe, kenmekaar speletjies, geselsies rondom die vuur, braai en saam kosmaak kan nie alleen verduidelik wat hierdie naweek gebeur het nie.

Dit was ‘n voorreg om ‘n kamp te kan afskop met ‘n blinde wynproe wat deur ons eie Susann Marais aangebied was. Bessies, kojawels en Boplaas se jersykoeimis wat deur die lande waai, was net die begin van die lys reuke en geure wat ons kon identifiseer. Nadat die braaivleis van die vuur afgehaal is, het al die Afrikaanse treffers begin speel en ons geselskap in die vroeë oggendure in gelei.

Saterdagoggend het ons, na ontbyt en koffie ‘n draai gaan maak by die handwerk kunstemark in Franschhoek. Kort daarna was ons by die Franschhoek Farm Sanctuary waar ons vir “Pigcasso” die bekende verwende vark ontmoet het. Ons het daar middagete geëet saamPigcasso en al die ander plaasdiere wat van rowwe omstandighede op kommersiële plase af kom. Na ‘n vinnige besoek aan Leopard’s Leap wynplaas was ons op pad terug kamp toe om reg te maak vir die inlywingseremonie en Potjiekos.

Vier van ons nuwe Staatmaker lede was met die simboliek van die fakkel ingelyf en verwelkom aan Stellenbosch Staatmakers. Inus se potjiekos en Ryno se potbrood het met behulp van almal se insette ons stom geslaan tydens aandete en soos die gesegde sê was dit : “Magies vol Ogies toe.”

Sondagoggend kon ons weer reflekteer op die heerlike naweek waar vreemde gesigte bekend geraak het en alles vlot verloop het met God se seën.

NS: Janke en haar kar is ook nog oukei.

-Quintin Strydom

Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *