Die buitelug skattejag was ‘n lekker avontuur om van deel te wees. Stellenbosch se verkenner stadsmars is ‘n nuwe inisiatief wat die staatmakers aan bied. Ons het groepe van 4 tot 7 verkenners gelei om ‘n sirkelroete rondom Jan Marais park waar hulle by ‘n paar koördinate moes stop en soek vir die skat. Hulle moes dan ‘n vraag beantwoord het voor hulle die koördinate van die volgende punt kon kry. Die verkenners het dit baie geniet en die Staatmakers het baie geleer uit die ervaring. Ons sien vreeslik uit vir volgende jaar se stadsmars wat gaan bou op die ervaring om weereens ‘n lekker avontuurlustige geleentheid te skep vir ons jeug.
Quintin Strydom


Be First to Comment