Die Offisiere avontuur

Die Verkenners van Malmsbury en Stellenbosch het vir die offisiere ‘n amazing race deur die strate van Malmesbury gereël. Ons het die Saterdag 3uur begin by die Malmesbury Voortrekkers terrein waar ons ons eerste leidraat gekry het saam met n blikkie pynappel (waarom, weet ons nie). Ons spring toe in die kar en soek ons eerste punt, en het ons gesoek! Ons kon dit nêrens kry nie – na ons vir n petroljoggie gevra het, het ons die punt gekry. Ons besluit to om die ver punte eers te doen so is ons op pad Riebeek Kasteel toe, dit was n lang pad en ons het lekker gesels en grappe gemaak op die pad. Op pad terug van die ver punt af het ons die wyn proe plek -Swartland wynkelders- amper gemis, wat ‘n tragedie sou wees. Ons het wyn geproe en van ons het ‘n bottle wyn huis toe gevat. Terug in die dorp was baie min tyd oor om die res van die punte te kry. Ons het die graf gesoek en dit net-net gekry na aanleiding van die “Vyfster hotel” (die tronk). Nadat ons terug was by die Voortrekker terrein het ons ‘n vuur aangesteek en lekker gesels en gekuier. – Anoniem.

Recent Posts

Instagram

Get new posts by email

Be First to Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *